Koos van der Merwe

Predikant, bekroonde liedskrywer, digter, solo kunstenaar asook rubriekskrywer vir vrouetydskrifte o.a. Sarie en Finesse.
As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50 000 albums verkoop, met treffers soos 'Houtkruis' en 'Waarvoor is jy bang' uit sy pen. Sy vernuftig en meesterlik akkurate vertalings van Leonard Cohen en Bob Dylan se werke in die taal van sy hart – Afrikaans, word hoogs deur Afrikaanse liefhebbers aangeskryf met die album Leonard Cohen in Afrikaans, wat reeds binne die eerste jaar GOUD STATUS bereik het.
Tans tree Koos gereeld in akoestiese luim op met sy vertoning 'Lente My', 'n Koos-konsert oor die Liefde se Seisoene. Die 80 minute vertoning is propvol liedjies oor die beneweling, betowering, omhelsing en versoeking, ontugtering en skeiding van die liefde. Saam met sy eie skeppinge en gedigte, bring Koos vir jou Jaques Brell, Koos du Plessis, Toon Hermans en natuurlik Cohen en Dylan na ’n akoestiese verhoog.
Kom beleef weer Neem die Wals... Lente My... Dans my na die Liefde toe.
In 2021 beplan Prophet weer 'n splinternuwe album met nuwe liedjies en vars verwerkings van sommige ou treffers asook landswyd 'n reeks konserte.
Vir navrae oor optredes, CD vrystellings en ander projekte van Koos, kontak ons gerus!
Opkomende Optredes
Volg die skakel na Koos se Facebookblad met al die opkomende optredes en inligting.
